Psalms 95:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Want die Here is ’n groot God,Hy is die Groot Koning oor al die gode.

4. Hy regeer oor die diep plekke onder die aarde,en die hoogste plekke op die berge is Syne.

5. Die see is Syne, Hy het dit gemaak,en die land het Hy met sy eie hand gemaak.

6. Kom, kom ons gaan lê voor Hom,kom ons buig, kom ons knielvoor die Here, Hy wat ons gemaak het.

7. Want Hy is ons God,ons is sy volk, Hy is ons Herder.Ons is die skape en die bokke vir wie Hy sorg.Julle moet vandag na Hom luister.

8. Hy sê: “Julle moenie hardkoppig weessoos by Meriba nie,daardie dag by Massa in die woestyn

9. waar julle voorvaders My getoets het.Hulle het gesien wat Ek gedoen hetmaar hulle wou kyk of Ek hulle sal straf.

Psalms 95