Psalms 89:49-53 Bybel vir Almal (ABA)

49. Watter mens wat lewe, sal nie sterf nie?Niemand.Watter mens kan homself vrymaak van die dood?Niemand. Sela

50. U het altyd gedoen wat U belowe het,hoekom doen U dit nie nou ook nie?Hoekom het U nie dieselfde geblysoos U vir Dawid belowe het nie?

51. My Here, U moet daaraan dinkdat mense vir my, u dienaar, gespot het.Ek het gehoor hoe al die volke my spot.

52. Here, die mense wat my spot, is u vyande,hulle het vir my, u gesalfde, gespot oral waar ek gaan.

53. Julle moet die Here altyd prys.Amen en amen.

Psalms 89