1. ’n Lied. ’n Psalm. Van Asaf.
2. O God, U moenie stilbly nie,U moenie maak of U niks hoor nie,U moet iets doen.
3. Want luister, u vyande raas,die volke wat nie vir U wil dien nie,dink hulle kan doen wat hulle wil.
4. Hulle maak slim planne teen u volk,hulle praat oor wat hulle wil doenteen die mense vir wie U beskerm.
5. Hulle sê: “Kom ons maak hullealmal dood sodat hulle nie meer’n volk is nie en sodat niemanddie naam Israel sal onthou nie.”
6. Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne,hulle maak ’n ooreenkoms,en die planne wat hulle maak, is teen U.
7. Die vyande is die Edomiete, die Ismaeliete,die mense van Moab en die Hagreërs,
15-16. U moet hulle volg en jaag met u stormwindsoos vuur ’n bos laat brand,en soos ’n vuur berge aan die brand steek.U moet hulle skrikmaak met ’n windwat alles wegwaai.