3. U moet kom kyk na die hope klippewat so lank hier lê.Die vyande het alles in die tempel verwoes.
4. U vyande het soos leeus gebrulbinne-in die plek waar Uaan die volk verskyn hetwat aan U behoort.Hulle het hulle vlae daar kom neersitom te wys dat hulle gewen het.
5. Dit het gelyk soos wanneer mensebosse afkap met byle,
6. hulle het die mooi houtwerk in die tempelstukkend geslaan met byle en ysters.
7. Hulle het u tempel afgebrand,hulle het die plek waar U self gewoon het,afgebreek tot op die grond en hulle het dit ontwy.
8. Hulle wou ons heeltemal breek,hulle het elke plek in die land afgebreekwaar God aan mense verskyn het.
9. U het altyd vir ons gesê wat U wil doen,maar U sê dit nie meer vir ons nie.Daar was profete, maar nou is daar nie een nie,daar is niemand by ons wat weethoe lank dit nog so sal aanhou nie.
10. O God, hoe lank sal die vyande nog aanhou spot?Hoe lank sal hulle nog aanhou om u Naam te laster?Vir altyd?
11. Hoekom steek U nie u hand uiten help ons nie?Hoekom maak U nie die vyande dood nie?