Psalms 74:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. O God, dit is U wat sterk is,U het die see in twee gebreek.U het die koppe van die watermonstersin die water stukkend geslaan.

14. Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatanstukkend getrap heten wat hom vir die haaie gegee hetom op te vreet.

15. Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het,dit is U wat riviere laat droog word hetwaar daar altyd water was.

16. Die dag en ook die nag behoort aan U.Dit is U wat die son en die maanop hulle plekke gesit het.

17. Dit is U wat gesê hetwaar die grense van die land moet wees.U het die somer en die winter gemaak.

18. Here, U moenie vergeethoe die vyande U beledig het nie,hulle is dwase mense en hulle sêu Naam is nie belangrik nie.

Psalms 74