Psalms 71:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Here, ek weet U sal my beskerm,U moenie dat ek verloor nie.

2. U sal reg doen aan my,U sal my red en my vrymaak.U moet doen wat ek vra,U moet my red.

3. U moet vir my weessoos ’n woonplek tussen die rotsewaarnatoe ek altyd kan komwanneer U besluit U wil my red,want net U is my Rots,my veilige plek in die berge.

4. My God, U moet my wegneemvan die mense wat verkeerd doen,hierdie mense wat sleg en wreed is.

5. Ja, my Here, ek weet U sal my help.Here, ek glo in U vandat ek jonk was.

6. Vandat ek gebore is,was ek seker dat U my sal help.U was by my vandat ek uitgekom hetuit my ma se liggaam.Ek wil aanhou om U te prys.

Psalms 71