Psalms 68:9-13 Bybel vir Almal (ABA)

9. toe U gekom het, toe het die aarde gebewe,en reën het uit die lug geval.Want God was naby, Sinai-berg was hier,God was naby, Hy, die God van Israel.

10. O God, U het oral baie reën laat val,U het u droë land weer laat lewe.

11. Die mense wat aan U behoort, het daar gewoon,U was goed, o God,U het gesorg vir die mense wat swaarkry.

12. Toe die Here gesê het hulle moet dit doen,het die vroue die goeie nuus gebring:“Baie soldate,

13. konings en hulle leërs, het gevlug.Hulle het gevlug.”Die vroue wat by die huis gebly het,verdeel die goed wat hulle mans saamgebring het,

Psalms 68