1. Vir die leier van die koor: ’n Lied, ’n psalm.Al die mense op die aarde,julle moet skree en God prys.
2. Julle moet sing oor die Naam van die Koning,julle moet die Koning prys.
3. Julle moet vir God sê:Die dinge wat U doen, laat ons bang word.U is baie sterk, u vyande gaan lê voor U.
4. Al die mense op die aarde buig en sing vir U,hulle sing oor u Naam. Sela
5. Julle moet kom kykwatter wonderwerke God gedoen het.Die dinge wat Hy vir mense gedoen het,laat ’n mens bang word.