Psalms 6:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek, met basstem. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, U moenie vir my straf wanneer U kwaad is nie.

3. Here, U moet jammer wees vir my en my help,want dit gaan sleg met my,U moet my gesond maak, want ek is baie siek.

4. Ek is baie bang.Wanneer sal U my help?

5. Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie.Ek behoort aan U, U moet my red.

6. Want ’n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie.Niemand in die doderyk kan U prys nie.

7. Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug,ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane.

Psalms 6