Psalms 57:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. My vyande wou my vangsoos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang,dit het sleg gegaan met my.Hulle het ’n gat gegrawe vir mymaar hulle het self in die gat geval.

8. O God, ek weet wat ek wil doen.Ek wil sing en musiek maak.

9. Ek wil wakker word,ek wil my harp en my lier neemen ek wil sing voordat die son opkom.

10. Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing,

11. want U doen oral wat U belowe,ook tot by die hemel.U is oral dieselfde,ook tot by die wolke.

12. O God, U moet vir almal wysdat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.

Psalms 57