Psalms 44:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaardwen nie ’n oorlog vir my nie.

8. Want U het ons gered van ons vyande,U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.

9. Ons het aangehou praatoor wat God gedoen heten ons sal u Naam altyd prys. Sela

10. En toe stoot U ons weg en U verneder ons,U gaan nie saam wanneer onsoorlog gaan maak nie.

11. U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande,en die mense wat vir ons haat,vat ons goed.

Psalms 44