1. U self moet my oordeel, o God,U moet my verdedig teen mensewat nie aan U behoort nie,U moet my red van mensewat lieg en onregverdig is.
2. Ja, U is die God wat my moet beskerm.Hoekom het U my weggestoot?Hoekom moet ek aanhou rouomdat vyande my laat swaarkry?
3. U moet u lig vir my laat skynen U moet die waarheid oor my sê.U lig en u waarheid moet my leien moet my terugneem nau gewyde berg, u woonplek.