1. Vir die leier van die koor: ’n Lied. Van die Korag-groep.
2. Ek verlang na U, o God,soos ’n wildsbok verlang na strome water.
3. Ek is dors vir God, vir die God wat lewe.Wanneer kan ek Hom weerin sy tempel gaan dien?
4. My trane is my kos, ek huil elke dag en nagwanneer mense aanhou om vir my te vra:“Waar is jou God?”