5. Here, U moet vir my laat weetwanneer ek sal sterf.Hoe lank sal ek nog lewe?Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees.
6. Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie,vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks.Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela
7. ’n Mens se lewe is soos ’n skaduweewat verbygaan,hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie.Hy maak baie goed bymekaarmaar hy weet nie wie dit sal kry nie.
8. En daarom, Here, wat kan ek hoop?Ek weet dit is net U wat kan help.