Psalms 31:7-10 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek haat mense wat afgode dien,die afgode beteken niks.Maar ek?Ek glo in die Hére.

8. Ek sal juig en bly weesomdat U doen wat U belowe.Ja, U het gesien dit gaan sleg met my,U weet dat ek swaarkry.

9. U het my vyande nie laat wen nie,U het my vrygemaak.

10. Here, U moet genadig wees vir my,want ek kry swaar.My oë is dof, want ek huil baie, ek voel baie sleg.

Psalms 31