Psalms 3:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Dawid, toe hy weggevlug het van sy seun Absalom.

2. Here, ek het baie vyande,baie mense is opstandig teen my.

3. Baie mense sê God sal my nie red nie. Sela

4. Maar, Here, U is vir my soos ’n skild,U beskerm my van al die kante.U maak my belangrik, mense respekteer my.

5. Wanneer ek die Here roep,dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela

Psalms 3