Psalms 26:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid.Here, U moet my oordeelen U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie,want ek het eerlik geleween ek het net in U geglo,ek het nooit opgehou glo nie.

2. U moet my toets, Here,U moet goed kyk wat ek dink en wat ek voel,

3. want ek onthou altyd dat U doen wat U belowe het,ek weet net U is God.

4. Ek is nie een van die mense wat vals is nie,ek wil niks doen saam met skynheilige mense nie.

Psalms 26