Psalms 21:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hy het lewe gevra, en U het dit vir hom gegee,U het vir hom ’n baie lang lewe gegee.

6. U het hom laat wen in die oorlog,daarom respekteer mense hom,U het hom ’n belangrike koning laat word.

7. Ja, U laat dit altyd goed gaan met hom,U is by hom, en daaroor is hy bly.

8. Die koning weet dat die Here doen wat Hy sê,die koning is veilig,want die Hoogste God doen wat Hy belowe het.

9. Koning, jy sal jou vyande vang,jy sal die mense vang wat jou haat.

Psalms 21