Psalms 21:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.

2. Here, die koning is blyomdat U hom sterk gemaak het,hy juig omdat U hom laat wen het in die oorlog.

3. U het vir hom gegee wat hy wou hê,U het nie vir hom nee gesê nie. Sela

4. Ja, U het hom geseën met goeie dinge,U het ’n kroon van goud op sy kop gesit.

5. Hy het lewe gevra, en U het dit vir hom gegee,U het vir hom ’n baie lang lewe gegee.

Psalms 21