Psalms 145:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here is genadig,Hy is goed vir mense wat swaarkry,en Hy is geduldig.Hy doen altyd wat Hy belowe het.

9. Die Here is goed vir almal,Hy is goed vir almal wat Hy gemaak het,vir almal wat swaarkry.

10. Here, almal wat U gemaak het, moet vir U dankie sê,die mense wat in U glo, moet U prys.

11. Hulle moet praat oor U wat die Koning is,hulle moet vertel van die groot dingewat U gedoen het,

12. sodat hulle vir die mense kan leervan die groot dinge wat U gedoen het.U is die Koning,almal moet U respekteer en dien.

13. U sal altyd Koning wees,U sal oor al die geslagte regeer.

Psalms 145