Psalms 141:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Wanneer die Here die leiers van die slegte mensevan ’n rots laat afval, dan sal ek sê dit is goed.

7. Die leiers sal moet sê:“Ons bene lê oral by die bek van die doderyk,dit lyk soos wanneer iemand geploeg heten die grond stukkend gebreek het.”

8. Here, ek weet dat U my altyd sal help.Ek vra dat U my moet beskerm,U moenie dat ek sterf nie.

9. Mense wat slegte dinge doen,wil my in vangnette en vangstrikke vang.U moet keer dat ek nie daarin val nie.

10. U moet hierdie mense wat verkeerd doen,in hulle eie vangnette laat val,maar die nette moenie vir my vang nie.

Psalms 141