Psalms 135:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. Dit is Hy wat die eerstes in Egiptelaat sterf het, die eerste kinders van menseen die eerste lammers en kalwers van die diere.

9. Hy het tekens en wonderwerke gedoenin Egipte,Hy het dit gedoen teen die faraoen al sy amptenare.

10. Dit is die Here wat baie volke oorwin heten wat sterk konings laat sterf het:

11. Hy het koning Sihon van die Amoriete laat sterf,en koning Og van Basan,en al die konings van die land Kanaän.

12. En toe het die Here húlle lande gegeevir sy volk Israel,dit het die Israeliete se land geword.

Psalms 135