Psalms 130:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Maar U vergewe mense se sondes,U wil hê dat hulle U moet dien.

5. Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom,ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het.

6. Ek verlang na die Here, ek verlangmeer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word,meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word.

7. Israeliete, julle moet in die Here glo,want die Here doen altyd wat Hy belowe het,Hy red ons altyd weer.

8. Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes.

Psalms 130