Psalms 119:39-47 Bybel vir Almal (ABA)

39. U moet keer dat mense my nie spot nie,ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.

40. U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel,U sal reg doen en my laat aanhou lewe.

41. Here, U moet vir my doen wat U belowe het,U moet my red, U het dit belowe.

42. Dan sal ek die mense kan antwoord wat my spot,want ek glo dat U sal doen wat U gesê het.

43. En U moet my help om altyd die waarheid te praat,want ek glo dat U sal doen wat U besluit het.

44. En ek sal aanhou doen wat U vir my leer,altyd en altyd.

45. En ek sal lewe soos ’n vry mens,want ek het probeer doen wat U beveel het.

46. En ek sal vir konings vertel wat U sê,ek sal weet wat om te sê.

47. Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,ek is lief vir hulle.

Psalms 119