Psalms 118:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet vir die Here dankie sê,want Hy is goed,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

2. Die volk Israel moet sê:“Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.”

3. Die Aäron-familie moet sê:“Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.”

4. Die mense wat die Here dien, moet sê:“Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.”

5. Toe dit sleg gegaan het met my,het ek geroepen gevra dat die Here my moet help.Die Here het my geantwoorden Hy het my vrygemaak.

6. Wanneer die Here by my is,dan is ek nie bang nie.Dan kan ander mense niks aan my doen nie.

Psalms 118