Psalms 116:8-11 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ja, U het gekeer sodat ek nie sterf nie,U het my gehelp, en ek het opgehou huil,U het gekeer sodat ek nie val nie.

9. Nou lewe ek naby die Heretussen mense wat lewe.

10. Ek het aangehou om te glodat die Here my sal help,ook toe ek gedink hetdat dit baie sleg gaan met my.

11. Ek was baie bang, en ek het gedinkdaar is niemand wat ek kan vertrou nie.

Psalms 116