Psalms 115:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die volke se afgode is van silwer of goud,mense het die afgode gemaak.

5. Hulle het monde, maar hulle kan nie praat nie,hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie,

6. hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,hulle het neuse, maar hulle kan nie ruik nie,

7. hulle het hande, maar hulle kan nie voel nie,hulle het voete, maar hulle kan nie loop nie.Daar kom niks uit hulle keel wat ’n mens kan hoor nie.

8. Die mense wat die afgode gemaak het,is soos die afgode,en almal wat op die afgode vertrou,is ook soos hulle.

Psalms 115