1. Van Dawid. ’n Psalm.Die Here het vir my koning gesê:“Jy moet hier langs My sit,op die belangrikste plek,want Ek sal jou vyande verneder,en Ek sal hulle voor jou laat lêsodat jy jou voete op hulle kan sit.”
2. Die Here is in Sion, Hy sal jou help om ’n sterk koning te wees.Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”
3. Jou soldate sal self komwanneer jy oorlog wil maak,hulle sal gewyde klere dra.Jou jongmanne sal vir jou weessoos die dou vroeg in die oggend.
4. Die Here het belowe, en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester weessoos Melgisedek ’n priester was.