Psalms 109:6-18 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle sê: “Jy moet iemand kies en aanstel,iemand wat self verkeerd doen.Daardie persoon moet langs hom kom staanen hom beskuldig.

7. ’n Regter moet sê dat hy skuldig is,die regter moet sê dat sy gebed ook sonde is.

8. Sy lewe moet kort wees,’n ander mens moet sy werk doen.

9. Sy kinders moet weeskinders word,en sy vrou moet ’n weduwee word.

10. Sy kinders moet rondswerfen bedel om kos te kryin die plekke waar hulle woon,die plekke wat verwoes is.

11. Hy skuld geld vir mense,daardie mense moet alles vat wat hy het.Vreemde mense moet die goed vatwaarvoor hy gewerk het.

12. Niemand moet goed wees vir hom nie,niemand moet jammer weesvir sy weeskinders nie.

13. Sy nageslag moet almal sterf,niemand moet hulle namená een geslag onthou nie.

14. Die Here moet onthoudat hierdie man se voorvadersverkeerde dinge gedoen heten die Here moenie sy ma se sonde vergewe nie.

15. Die Here moet dit altyd onthou,en niemand moet nog dink aan hierdie manse voorouers nie.

16. Want hierdie man het nie onthouom te doen wat hy belowe het nie.Hy het mense gevolg en gejaagtotdat hulle dood is,mense wat hulleself nie kan help nie,mense wat niks het nieen wat moedeloos is.

17. Hy het gehou daarvan om mense te vervloek,maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur.Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie,en nou moet niemand hóm seën nie.

18. Hy het elke dag mense vervloek,dit was vir hom dieselfdesoos om elke dag klere aan te trek.Nou moet dit alles met homself gebeur,alles wat hy gesê het.Die slegte dinge moet in hom ingaansoos die water wat hy drink,dit moet tot in sy bene ingaan soos die oliewat hy aan sy vel smeer.

Psalms 109