Psalms 106:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet die Here prys.Julle moet vir die Here dankie sê,want Hy is goed,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

2. Niemand kan sê hoe sterk die Here is nie,niemand kan Hom reg prys nie.

3. Dit gaan goed met mensewat aanhou om reg te oordeel,met mense wat altyd reg doen.

4. Here, wanneer U goed is vir u volk,dan moet U ook aan my dink.Wanneer U hulle red,dan moet U my nie vergeet nie.

Psalms 106