Prediker 6:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. ’n Mens het miskien 100 kinders en hy kan lank lewe, hy kan baie oud word, maar as hy nie genoeg kan geniet van die goeie dinge nie en as niemand hom begrawe nie, dan sê ek: ’n Kind wat doodgebore is, is gelukkiger as so ’n mens.

4. Want ’n kind wat doodgebore is, is nie soos hy moet wees wanneer hy in die wêreld kom nie. Dit bly donker vir hom en hy gaan weer weg in die donker, niemand ken sy naam nie.

5. Hy het nie die son gesien nie, en hy kry rus. Maar die mens wat lank gelewe het, het nie rus gekry nie.

6. So ’n mens het miskien 2 000 jaar gelewe, maar as hy nie die goeie dinge kon geniet nie, dan het hy nie rus gekry nie. Almal wat sterf, gaan na dieselfde plek.

7. Mense werk hard om te kan eet, maar hulle kry nooit genoeg nie.

8. Party mense het miskien wysheid, maar dit gaan nie beter met hulle as met dwase nie. En dit gaan ook nie beter met die arm mens wat weet hoe om reg te lewe tussen ander mense nie.

Prediker 6