Prediker 5:5-7 Bybel vir Almal (ABA)

5. Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het ’n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het.

6. Mense droom baie en hulle praat baie, en wat hulle sê, is nie soos dit moet wees nie. Maar jy moet vir God respekteer.

7. Jy sien miskien dat distrikshoofde die mense verdruk wat niks het nie. Jy sien dat hulle nie reg doen nie en nie regverdig is nie. Jy moenie verbaas wees daaroor nie, want die belangrike amptenaar is die hoof van die ander amptenare en hy beskerm hulle. Die belangrikste amptenaar is die hoof van die belangrike amptenare en hy beskerm hulle.

Prediker 5