Prediker 5:3-5 Bybel vir Almal (ABA)

3. Maar wanneer jy ’n gelofte gemaak het aan God, dan moet jy dit doen, jy moenie wag nie, want Hy hou nie van dwase nie. Jy moet doen wat jy belowe het.

4. Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie.

5. Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het ’n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het.

Prediker 5