Prediker 5:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie.

11. Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie.

12. Ek het gesien daar gebeur ’n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom.

13. Een slegte ding gebeur, en dan is sy goed weg. Hy het miskien ’n kind, maar sy kind kry niks.

Prediker 5