Prediker 10:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek het gesien dwase ry op perde, en leiers moet soos slawe loop.

8. Wanneer iemand ’n gat grawe,dan sal hy miskien self daarin val,wanneer iemand ’n muur begin afbreek,dan sal ’n slang hom miskien pik.

9. Wanneer iemand klippe breek,dan sal die klippe hom miskien seermaak,wanneer iemand bome afkap,dan moet hy versigtig wees.

10. Wanneer ’n byl stomp isen jy maak dit nie skerp nie,dan moet jy harder kap,maar as jy wysheid het,dan kan jy slaag.

11. Wanneer ’n slang pik voordatiemand hom getoor het,dan help dit nie dat iemanddie slang later toor nie.

Prediker 10