2. Toe sien ek ’n ander engel wat van die ooste kom. Hy het die seël van God gehad, God wat altyd lewe. God het vir die vier engele gesê hulle mag die aarde en die see verwoes, en die engel het hard geskree vir daardie vier engele
3. en gesê: “Julle moenie nou die aarde en die see en die bome verwoes nie! Julle moet wag totdat ons die mense gemerk het wat vir God dien, ons sal hulle op hulle voorkoppe merk met die seël.”
4. Ek het gehoor hoeveel mense merke gekry het op hulle voorkoppe. Dit was 144 000 mense, en hulle het gekom van elke stam van die Israeliete:
9. Ná hierdie dinge het ek gekyk en ek het ’n groot klomp mense gesien wat bymekaar is. Daar was so baie mense dat niemand hulle kon tel nie. Hulle het gekom uit al die lande, stamme, volke en tale. Hulle het gestaan voor God se troon en voor die Lam. Hulle het wit klere gedra en hulle het takke van palmbome in hulle hande gehad.
10. Hulle het hard geskree en gesê:“Ons God sit op die troon,Hy en die Lam het oorwin!”