Openbaring 22:5-7 Bybel vir Almal (ABA)

5. Daar sal nie meer nag wees nie. Daar sal nie meer lig van ’n lamp of die son wees nie. Dit sal nie nodig wees nie, want die Here God sal ’n lig wees vir hulle. En hulle sal altyd en altyd regeer.

6. Die engel het vir my gesê: “Die dinge wat in hierdie boek geskryf is, is waar. ’n Mens kan dit glo, want die Here God het vir die profete gesê wat hulle moet sê. Ja, God het sy engel gestuur om vir sy dienaars die dinge te wys wat gou moet gebeur.”

7. Christus het gesê: “Ek sal gou kom! In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. As iemand dit lees en dit glo, dan is hy gelukkig!”

Openbaring 22