Openbaring 16:9-14 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die son was baie warm en dit het die mense baie seer gebrand. Maar hulle het vir God gelaster, vir God wat al die strawwe gestuur het. En hulle het nie gelewe soos God wil hê nie en hulle het nie vir God geëer nie.

10. Die vyfde engel het sy bak uitgegooi op die troon van die dier. God se straf was in die bak. Toe het dit donker geword op al die plekke waar die dier koning was, en die mense op daardie plekke het so baie pyn gehad dat hulle almal hulle tonge stukkend gebyt het.

11. Hulle was kwaad omdat hulle pyn en sere gehad het, en hulle het vir God gelaster, die God van die hemel. Maar hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie, hulle het gedoen wat hulle altyd doen.

12. Die sesde engel het sy bak uitgegooi op die groot Eufraat-rivier. God se straf was in die bak. Al die water van die rivier het opgedroog, en toe was die pad gereed vir die konings wat van die Ooste kom.

13. En ek het drie onrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die draak en die dier en die vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas

14. en hulle was die geeste van duiwels. Die drie geeste het tekens gedoen en hulle het na al die konings op die aarde gegaan en gesê die konings moet saamkom om oorlog te maak op die belangrike dag, die dag van God, God wat alles kan doen.

Openbaring 16