Openbaring 13:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die dier het begin praat. Hy het vir God gelaster en hy het ook God se Naam en sy woonplek gelaster, hy het almal gelaster wat in die hemel woon.

7. God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande.

8. Al die mense op die aarde sal die dier aanbid, al die mense wie se name nie geskryf is in die boek van die lewe nie. Dit is God wat party mense se name in die boek van die lewe geskryf het. Hy het dit gedoen voordat Hy die wêreld gemaak het. Die boek van die lewe is ook die boek van die Lam, die Lam wat aan die kruis gesterf het.

9. As jy hierdie woorde kan verstaan,dan moet jy gehoorsaam wees.

10. As God besluit het jy moettronk toe gaan,dan sál jy tronk toe gaan.As God besluit het mense sal joumet ’n swaard doodmaak,dan sál hulle joumet ’n swaard doodmaak.Ja, die mense wat aanGod behoort,moet geduldig weeswanneer hulle swaarkry,hulle moet aanhou glo!

11. Toe sien ek ’n ander dier wat uit die aarde kom. Hy het twee horings gehad, dit was soos ’n lam se horings. Maar hy het gepraat soos ’n draak.

Openbaring 13