Openbaring 13:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. God het gesê die dier mag vir God laster en die dier mag 42 maande lank regeer.

6. Die dier het begin praat. Hy het vir God gelaster en hy het ook God se Naam en sy woonplek gelaster, hy het almal gelaster wat in die hemel woon.

7. God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande.

8. Al die mense op die aarde sal die dier aanbid, al die mense wie se name nie geskryf is in die boek van die lewe nie. Dit is God wat party mense se name in die boek van die lewe geskryf het. Hy het dit gedoen voordat Hy die wêreld gemaak het. Die boek van die lewe is ook die boek van die Lam, die Lam wat aan die kruis gesterf het.

9. As jy hierdie woorde kan verstaan,dan moet jy gehoorsaam wees.

Openbaring 13