9. Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer die Israeliete gewyde presente gee om offers te wees, dan moet die priester daarvan kry.
10. Die gewyde presente wat ’n persoon bring, bly sy eie presente, maar hy moet daarvan vir die priester gee wat die priester moet kry.”
11. Die Here het vir Moses gesê:
12. “Jy moet vir die Israeliete sê: ’n Man se vrou is miskien ontrou aan hom
13. en sy het seks met ’n ander man, maar haar eie man weet nie daarvan nie. Daar is ook nie ’n getuie teen haar nie, en niemand het gesien dat sy dit doen nie.
14. Haar man dink miskien dat sy dit gedoen het en dit is waar, sy het haarself onrein laat word, of haar man dink dat sy dit gedoen het, maar dit is nie waar nie, sy het haarself nie onrein laat word nie.