1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet elke persoon wegstuur wat melaats is, en ook elkeen wat ’n geslagsiekte het of wat onrein geword het omdat hy aan ’n lyk geraak het.
3. Julle moet daardie mans en vroue wegstuur, julle moet hulle uit die kamp stuur, sodat hulle nie hulle kampe onrein laat word nie, die kampe waar Ek tussen hulle woon.”
4. Die Israeliete het dit gedoen. Hulle het die persone wat onrein is, uit die kamp gestuur. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het.