Numeri 34:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. dan tot by Ribla, oos van Ajin, en verder langs die strand oos van die see van Gennesaret,

12. en teen die Jordaan-rivier tot by die Sout-see.“Dit moet die grense van die land wees.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle moet verdeel tussen nege en ’n halwe stamme, soos die Here gesê het.

14. Want die families van die Ruben-stam en die Gad-stam en die een helfte van die Manasse-stam het klaar hulle grond gekry.

15. “Die twee en ’n halwe stamme het hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.”

Numeri 34