Numeri 25:12-15 Bybel vir Almal (ABA)

12. Daarom moet jy vir Pinehas sê dat Ek ’n verbond maak met hom, en dit sal goed gaan met hom.

13. Pinehas het kwaad geword omdat die Israeliete ontrou was en hy het versoening gedoen vir hulle. Daarom maak Ek met hom hierdie verbond: Hy en sy nageslag sal altyd priesters wees.”

14. Simri was die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou gesterf het. Pinehas het hulle doodgemaak. Simri was ’n familiehoof in die Simeon-stam en hy was die seun van Salu.

15. Die Midianitiese vrou wat gesterf het, was Kosbi dogter van Sur. Haar pa was ’n stamhoof van die Midianiete.

Numeri 25