3-9. “Die vlag van die Juda-kamp moet oos van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Juda wat 74 600 manne het,hulle leier is Nagsonseun van Amminadab,Issaskar wat 54 400 manne het,hulle leier is Netanelseun van Suar,Sebulon wat 57 400 manne het,hulle leier is Eliabseun van Gelon.“In die Juda-kamp is hulle almal saam 186 400 manne en hulle moet eerste gaan.
32. Moses-hulle het die Israeliete in die kampe getel, hulle het getel hoeveel persone in elke familie en groep is. Hulle was almal saam 603 550.
33. Moses-hulle het nie die Leviete saam met die ander Israeliete getel nie. Die Here het vir Moses gesê hy moenie hulle tel nie.
34. Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het hulle tente opgeslaan by hulle vlae, en die families en huisgesinne van elke stam het elkeen gegaan wanneer dit sy beurt is.