1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
2. “Daar is iets wat Ek wil hê julle moet altyd doen: Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir jou ’n gesonde rooi koei gee. Daar moenie ’n merk of ’n seerplek aan haar wees nie en sy moet nog nooit ’n juk gedra het nie.
3. Julle moet die koei vir die priester Eleasar gee. Eleasar moet haar na buite die kamp bring en hulle moet haar slag, Eleasar moet ook daar wees.