1. Toe die sewende maand begin, het al die Israeliete in hulle stede gewoon.
2. Al die mense het bymekaargekom op die oop stuk grond by die Water-poort. Hulle het vir Esra, die sekretaris, gesê hy moet die boek bring waarin die Wette van Moses is, die wette wat die Here vir die volk Israel gegee het.
3. Die priester Esra het toe die wette vir die volksvergadering gebring. Daar was mans en vroue. Almal wat kon verstaan, was daar. Dit was op die eerste dag van die sewende maand.