Matteus 22:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die koning het toe kwaad geword, en hy het sy soldate gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad te verbrand.

8. Die koning sê toe vir sy slawe: ‘Alles is gereed vir die fees-ete, maar die mense wat ek genooi het, was nie die regte mense om na die fees te kom nie.

9. Gaan nou na die plekke waar die hoofpaaie uit die stad uitgaan en nooi almal wat julle sien om te kom na die fees-ete.’

10. Die slawe het toe uitgegaan op die paaie en hulle het almal bymekaargemaak wat hulle gesien het, slegte mense en goeie mense. Die saal vir die fees-ete het vol geword van die mense wat kom eet het.

11. Toe die koning in die saal ingaan om die mense te groet, sien hy daar is iemand wat nie fees-klere aan het nie.

Matteus 22