49. Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. Die engele sal kom en hulle sal al die slegte mense wegvat, weg van die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here.
50. En die engele sal dan al die slegte mense in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hard op hulle tande byt van pyn.”
51. Jesus vra toe vir sy dissipels: “Verstaan julle al hierdie dinge?”Hulle sê vir Hom: “Ja.”
52. Toe sê Jesus vir hulle: “Elke skrifgeleerde wat ’n dissipel word van God, die Koning wat in die hemel is, is soos iemand wat ’n huis het en wat nuwe goed en ook ou goed uithaal uit sy stoorkamer wanneer hy dit nodig het.”