Matteus 10:30-31-42 Bybel vir Almal (ABA)

4. Simon die patriot, en Judas Iskariot wat later vir Jesus verraai het.

5. Jesus het hierdie twaalf dissipels gestuur om te gaan preek. Hy het vir hulle gesê: “Moenie gaan na die heidene en moenie gaan na ’n stad van die Samaritane nie.

6. Maar gaan na die mense van Israel, hulle is soos skape wat weggeraak het.

7. Gaan preek vir hulle en sê: ‘Die tyd is naby wanneer julle sal weet dat God wat in die hemel is, Koning is.’

8. Julle moet siek mense gesond maak en julle moet mense wat gesterf het, weer laat lewe. Julle moet melaatse mense gesond maak en julle moet duiwels uit mense jaag. Julle het nie betaal om hierdie krag te kry nie. Ander mense moet ook nie betaal wanneer julle vir hulle help nie.

9. Moenie geld saamneem in julle beursies nie, niks goue of silwer of koper geld nie.

30-31. Julle is vir God baie belangriker as baie mossies. God weet presies hoeveel hare op elke mens se kop is. Daarom moet julle nie bang wees vir mense nie.”

32. Jesus het gesê: “As iemand nie bang is om vir mense te sê hy behoort aan My nie, dan sal Ek vir my Vader in die hemel ook sê daardie persoon behoort aan My.

33. Maar as iemand bang is om vir mense te sê hy behoort aan My, dan sal Ek vir my Vader in die hemel ook sê daardie persoon behoort nie aan My nie.

34. “Julle moenie dink daar sal vrede wees op die aarde omdat Ek gekom het nie. Ek het gekom, maar daar sal nie vrede wees tussen mense nie, hulle sal mekaar se vyande wees.

35. Ek het gekom, en nou sal ’n man teen sy pa wees, ’n dogter teen haar ma, en ’n skoondogter teen haar skoonma.

36. Ja, julle eie familie in julle huise sal julle vyande wees.

37. As iemand meer lief is vir sy pa of sy ma as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand vir sy seun of sy dogter meer lief is as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie.

38. As iemand My wil volg, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan ’n kruis hang en sterf. Dan kan hy my dissipel wees.

39. As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe.

40. “As die mense sê julle is welkom by hulle, dan is Ek welkom by hulle. En as Ek by mense welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hulle.

41. God het vir die profete alles gegee wat hulle nodig gehad het. Hy sal ook goed wees vir elkeen wat vir ’n profeet sê hy is welkom omdat hy ’n profeet is. God gee goeie dinge vir iemand wat goed doen. God sal ook goeie dinge gee vir elkeen wat vir ’n goeie man sê hy is welkom omdat hy goed doen.

42. “Daar is mense wat dink party van my dissipels is nie belangrike mense nie. Maar iemand wat vir een van hulle ’n beker koue water gee net omdat hy my dissipel is, vir hom sal God baie goeie dinge gee. Ek sê dit vir julle, dit is baie seker.”

Matteus 10